Indiese hittegolf: 32 ape versuip in put op soek na water

‘n Groep van 32 ape het in ‘n put in Indië verdrink nadat buitengewone hoë temperature hulle desperaat na water laat soek het. Volgens plaaslike bosboubeamptes in die staat Jharkand is die ape vrek in ‘n besproeiingsput aangetref. Geen gemene spel word vermoed nie. Wilde diere gaan tydens die hittegolf dorpies binne op soek na water. Verskeie jakkalse het ‘n paar dae gelede ook gevrek nadat hulle op soek na water in ‘n put geval het.