Oranje-bekken uitsondering in afswaai in put voltooiings

‘n Nuwe verslag deur Westwood Global Energy Group toon ‘n beduidende afswaai in globale hoë-impak olieput voltooiings met ‘n daling van 21 persent in 2023,  die laagste vlak sedert data-insameling in 2008 begin het. Ten spyte van die wêreldwye insinking, is Namibië se Oranje-bekken ‘n uitsondering.  Groot olie-ontdekkings posisioneer die gebied as ‘n multi-miljard vat olie provinsie. Dit kompeteer met die grootste ontdekking sedert Guyana-Suriname in 2015.