SA: Helfte van die LP’s onder jonger as 50

Die sekretaris van die Suid-Afrikaanse parlement, Xolile George, het bekendgemaak bykans 50-persent van die 7de Parlement se lede is jonger as 50. Na die verkiesingsuitslae en die weglating van sommige LP’s, is jonger lede nou beter verteenwoordig. George het ook bevestig geslagsgelykheid in die nuwe Parlement het van 45,6-persent tot 43,5-persent gedaal, gemeet aan die verteenwoordiging van vroue. Dit is ‘n bron van kommer want vroue is die meerderheid onder kiesers. George het aangedui lede van die parlement sal by die Internasionale Konvensiesentrum in Kaapstad ingehuldig word.