Houthi’s val weer skepe in Rooisee aan

Twee skepe het aan die brand geslaan nadat hulle deur projektiele van Jemen se Aden getref is, volgens twee Britse maritieme agentskappe. Die Britse sekuriteitsfirma Ambrey het vanoggend gesê ‘n algemene vragskip onder dieAntigua en Barbuda-vlag is 83 seemyl suidoos van Aden deur ‘n missiel getref en aan die brand geslaan. Die brand is later onder beheer gebring. Daar was ook ‘n verslag van ‘n kaptein van ‘n vaartuig ontvang van nog ‘n voorval 80 seemyl suidoos van Aden. Die Houthi’s van Jemen het onlangs die anvalle in die Rooisee geloods