Comrades: Meer as 20 000 durf hom vandag aan

Meer as 20 000 atlete het vroeg vanoggend weggespring in die 97ste Comrades-marathon in KwaZulu-Natal. Vanjaar se op-wedloop oor 85,91-kolometer het in Durban begin en eindig in Pietermaritzburg. Meer as 70 dokters is aan diens, en 5 000 vrywilligers beman die 48 verversingstasies. Onder die vroue-gunstelinge om die ikoniese wedloop te wen, is Gerda Steyn van Suid-Afrika, die Rus Alexandra Morozova en Dominika Stelmach van Pole, en onder die mans Piet Wiersma van Nederland, Andrew Davies van Brittanje en die Rus Aleksei Beresnev.