NamWater soek nog boorgate

Water-uitdagings duur voort regoor die land en NamWater het weer openbare tenders uitgesit vir boorgate. Die eerste een is vir nege produksie-gate en twee bystandsgate vir die Epikuro Watervoorsieningskema se uitbreiding in die dorre Omaheke-streek. Nog vier produksie-gate is nodig vir die Tsumkwe-stelsel in Otjozondjupa. Beide tenders sluit op 24 Julie. Die watervoorsiener is onder druk in verskeie dele van die land met die heersende droogte.