Tara: Wilro en Carolyn vat eerste plek

In plaaslike motorsport nuus het Wilro Dippenaar saam met sy navigator Carolyn Swan die Tara-tydren in hulle 4×4 Ford Fiesta R5 gewen. In die veldren-afdeling het Loic Bathfield en Johan Steyn die titel gevat in hulle 2×4  Century Racing 7-liter V8. Dit was die 54ste Tara-tydren wat deur die Windhoek Motorklub gehou is met borge Puma Energy en M+Z Motors. Dit is oor drie dae in Windhoek en Rehoboth gehou en het Saterdmiddag afgesluit.