Earthrise-ruimtevaarder sterf op 90

Die Apollo 8-ruimtevaarder, Bill Anders, wat een van die beroemdste foto’s in die buitenste ruim geneem het, is dood op die ouderdom van 90. Die ligte vliegtuig met hom aan die stuur het noord van Seattle, Washington, in water neergestort. Anders was ‘n maantuigvlieënier en het die ikoniese ‘Earthrise’-foto gedurende die 1968-sending geneem. Dit toon die planeet wat bo die horison uitstyg bokant die dorre maanlandskap. Anders het dit beskryf as sy belangrikste bydrae tot die ruimteprogram.