Alcaraz deur, Sinner gaan huis toe

Carlos Alcaraz het na ‘n wisselvallige begin Jannik Sinner met 2-6, 6-3, 3-6, 6-4, 6-3 getroef en gekwalifiseer vir sy eerste Franse Ope-eindstryd.  Die derde gekeurde Spanjaard kon ook daaruit munt slaan toe sy Italiaanse teenstander krampe begin kry het. Sinner, wat aanstaande week die wêreld nommer een word, het die derde wedstrydpunt teen Alcaraz afgestaan. Alcaraz wil graag hierdie titel inpalm na sy oorwinnings by Wimbledon en die Amerikaanse Ope. Hy kom môre te staan teen Alexander Zverev van Duitsland of Casper Ruud van Noorweë.