Beurtkrag tot verdere kennisgewing opgeskort

Eskom het aangekondig beurtkrag is tot verdere kennisgewing opgeskort. Die elektrisiteitsnutsmaatskappy sê die betroubaarheid van die opwekkingsvloot het verbeter en het aanleiding gegee tot die opskorting van beurtkrag vir 72-dae. Die sukses is die gevolg van die strategiese Opwekkingsbedryf-herstelplan van Eskom wat verhoogde instandhouding insluit. Die  maatskappy herhaal oproepe aan verbruikers om diefstal van elektrisiteit te verhinder om te verhoed die netwerk word oorlaai.