VN plaas IDF op swartlys

Die Verenigde Nasies het die Israeliese weermag bygevoeg by ‘n swartlys van oortreders wat nie kinders in konflik beskerm nie. Eerste minister Benjamin Netanyahu het gereageer deur te sê die VN het homself by die swartlys van geskiedenis gevoeg en dat die Israeliese weermag die moreelste weermag in die wêreld is. ‘n Woordvoerder van die Palestynse president Mahmoud Abbas sê die besluit is ‘n stap nader daaraan om Israel aanspreeklik te hou. Duisende kinders is dood in Israel se veldtog teen Hamas in Gaza, en nog duisende het humanitêre hulp dringend nodig.