T20: Proteas speel vandag op substandaard kolfblad

Suid-Afrika speel vandag in New York in ‘n T20-groepwedstryd teen Nederland op ‘n kolfblad wat die Internasionale Krieketraad as substandaard beskou. Die vorige wedstryde op die tydelike veld van Nassau County het lae tellings opgelewer weens die voorafvervaardigde blad wat kolfwerk uiters moeilik maak. Volgens die IKR werk die grondpersoneel om die kolfblaaie vir die oorblywende wedstryde reg te kry, insluitende môre se kragmeting tussen aartsvyande, Indië en Pakistan.