Rwanda se kandidaatlys volgende week bekend

Die president van Rwanda, Paul Kagame, kom in volgende maand se verkiesing teen twee uitdagers te staan. Die hoof van die Nasionale Verkiesingskommissie, Oda Gasinzigwa, het Kagame, Frank Habineza van die Demokratiese Groenparty, en die onafhanklike kandidaat, Philippe Mpayimana, as kandidate vir die verkiesing op 15 Julie aangekondig. Gasinzigwa sê die leier van die People Salvation Movement, Diana Rwigara, mag nie aan die verkiesing deelneem nie omdat sy nie die nodige dokumente kon voorlê nie, insluitende ‘n misdaadrekord en bewys dat sy Rwandees is. ‘n Finale lys kandidate word Vrydag aangekondig.