NamPol lê beslag op byna N$7,9 miljoen se dwelms

NamPol het in Mei beslag gelê op dwelms ter waarde van ‘n verbysterende 7 894 790,60 Namibiese dollar. Dagga van 720 033,06kg wat 7 200 330,60 dollar werd is het die leeue-aandeel hiervan uitgemaak, gevolg deur 1,049kg kokaïne van 524 500 dollar. ‘n Totaal van 1 138 heel Mandrax tablette ter waarde van 136 560 dollar is ook gebuit, sowel as 334 eenhede “crack” kokaïne ter waarde van 33 400 dollar. ‘n Honderd-ses-en-dertig verdagtes is gearresteer, waarvan 127 Namibiërs was. Die res was drie Zimbabwiërs, twee Angolese, twee Zambiërs, ‘n Kongolees en ‘n Tanzaniër.