Cyril stel Ramokgopa aan as waarnemende sportminister

President Cyril Ramaphosa het minister Maropene Ramokgopa aangestel as waarnemende minister van Sport, Kuns en Kultuur. Sy is tans minister in die Presidensie belas met Beplanning, Monitering en Evaluering. Ramokgopa vervang Zizi Kodwa, wat dié week bedank het na sy hofverskyning op aanklag van korrupsie. Woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramokgopa sal waarneem tot ‘n permanente aanstelling gedoen word in die nuwe sewende administrasie.