Ray Sasman in hoofstad met besering

Ray Sasman, ‘n 52-jarige oud-onderwyseres, het op 1 Mei vanaf die Noordoewer-grenspos vertrek op ‘n 2 200km-staptog na die Kazangula-grenspos in die Zambezi-streek. Die plan is om die tog in drie maande te voltooi. Haar doelwit is om mense bewus te maak van die behoefte aan jeugbemagtiging, en terselfdertyd fondse in te samel vir ‘n beoogde jeugsentrum in Walvisbaai. Sasman is tans in Windhoek en het ‘n besering. Sy sal eers Woensdag weer op die pad wees, as alles goed verloop. Kosmos 94.1 Nuus het met Sasman gepraat wat meer inligting gee.