Ergste koue vir eers verby

In hierdie week se AMT-weervoorspelling, moontlik gemaak deur Kosmos 94.1, praat Johan van den Berg, ‘n onafhanklike weerkenner in Suid-Afrika, oor die koue. Hy sê temperature is besig om te herstel, met min baie koue toestande vir die res van die maand. Dit sal eers weer in die eerste week van Julie erg koud wees.

Van den Berg voeg by dat die winter laat begin het en later sal eindig.