Verregses vertoon sterk in EU-verkiesing

Ierse kiesers het vandag begin stem op die tweede dag van die Europese Unie se marathon verkiesing nadat Nederland gister gestem het, met die verregses wat sterk vertoon. Die 37-jarige eerste minister van Ierland, Simon Harris, het naby sy huis suid van Dublin gaan stem voor ‘n warrelwindtoer om stemme vir die plaaslike verkiesing asook vir die Europese Parlement te werf. Dis die eerste keer in ‘n Ierse EU-verkiesing dat baie kandidate ‘n anti-immigrasie-beleid steun, hetsy as onafhanklikes of namens nasionalistiese randpartye, Die meeste van die 27 EU-lande stem Sondag.