Sal SA weer moet stem?

Reaksie word ontvang op kommentaar deur president Cyril Ramaphosa wat sê die ANC het reeds samesprekings begin met die DA, EFF, IVP, NFP en die Patriotic Alliance, met die oog op ‘n regering van nasionale eenheid. Ramaphosa sê die ANC is van plan om met alle partye te praat en wil ‘n regering van nasionele eenheid vestig. Professor Andre Duvenhage, die bekende politieke ontleder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.