Noorde-boere het groot kommer oor veevrektes

Veeboere in die noordelike streke staan voor ‘n ernstige uitdaging om te verseker dat duisende van hul beeste die droogte oorleef, weens ‘n gebrek aan weiding. Volgens boere in die Noordelike Kommunale Gebiede word die situasie by die dag erger en weiding in gebiede wat boere gedink het hulle sou red, neem geleidelik af. Om sake te vererger het boere nie water vir hul vee nie. ’n Kleinskaalse boer in die Ondangwa-landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato, het die situasie aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.