SA vang op met Namibië oor 50/50
Die Verkiesingskommissie sê ná die nasionale en provinsiale verkiesing is 43,5-persent van die verkose verteenwoordigers vroue. Dit is ‘n belangrike stap in die rigting van geslagsgelykheid in politieke verteenwoordiging met die vorming van die sewende demokratiese Parlement. Die finale lys van verkose verteenwoordigers is aan Hoofregter Raymond Zondo oorhandig. Die OVK-voorsitter, Mosotho Moepya, sê die lys se uiteenlopendheid, met 174 vroue en 226 mans, weerspieël ‘n wye reeks ervaring en perspektiewe in die politiek: