Walvis neem strafregtelike stappe teen Red Force

Die regsman van die Walvisbaai-munisipaliteit Richard Metcalfe sê strafregtelike stappe sal vandag teen Red Force Debt Management ingestel word ná die voortgesette ontkoppeling van watertoevoer na verskeie inwoners. Hy sê dit is ‘n absolute minagting van die regte van Namibiërs en dit wil voorkom asof die maatskappy dink hy is verhewe bo die wet. Hy sê Red Force is reeds ingelig dat hy nie ingevolge die wet water kan ontkoppel nie. Metcalfe het verlede maand ‘n verklaring uitgereik waarin gesê is dat die ontkoppeling van water vir munisipale amptenare gereserveer is ná die beëindiging van die kontrak. Red Force het egter ook ‘n openbare verklaring uitgereik waarin gesê is dat alle rekeninge wat vir invordering oorhandig word, by Red Force sal bly totdat dit ten volle vereffen is. Die munisipale raad het in April besluit om die kontrak met Red Force te beëindig, wat daarop gemik was om meer as 300 miljoen Namibiese dollar in te vorder wat deur inwoners geskuld word.