Bewaar koedoes vir trofeejag-bedryf: Napha

Hannes du Plessis, ‘n lid van die Namibië Professionele Jagvereniging, Napha, se uitvoerende komitee, fokus op die belangrikheid van koedoes in trofeejag, in ‘n artikel vir die Namibië Landbou-unie se nuusbrief. Du Plessis beklemtoon die deurslaggewende rol wat koedoes speel en sê beroepsjagters moet boere billike vergoeding aanbied vir koedoes wat op hul grond gejag word. Dit sal koedoebewaring verseker en ook bykomende jagregulasies vermy. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha-president Axel Cramer gesels oor die belangrikheid van koedoes vir trofeejag.