Jeugdiens, Jeugraad ‘kan nie saamgevoeg word’

‘n Mosie is in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê om die Nasionale Jeugraad en Nasionale Jeugdiens te laat saamsmelt. Dit sal volgens PDM-parlementslid Maximalliant Katjimune ‘n einde bring aan die duplisering van verantwoordelikhede, programme, hulpbronne en oorvleuelende beleide. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van Sharonice Busch, die Jeugraad se uitvoerende voorsitter. Sy sê die twee instansies het heel verskillende mandate en kan nie saamgevoeg word nie.