Geen appèl vir Lichtenstrasser

’n Aansoek om verlof tot appèl deur die veroordeelde moordenaar Ernst Lichtenstrasser is van die rol geskrap. Regter Christi Liebenberg het in die Windhoekse hoërhof bevind die aansoek was gebrekkig. Liebenberg het hom op 29 April twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moorde van Eckhard Mueller en Helmo Hellwig in 2019. Hy is nóg 16 jaar tronkstraf opgelê in verband met ses ander klagte.