Saai dagvaar polisie vir boer se betreder-skade

Die Suider-Afrika Agri-inisiatief het ‘n dagvaarding teen die polisie laat uitreik om aan te dring ‘n boer, Solly Letsoala, moet vergoed word vir die skade wat onwettige betreders op sy plaas in Limpopo aangerig het. Theo de Jager van Saai sê Letsoala het die klagte in September verlede jaar het by die polisie ingedien, maar sonder enige sukses. De Jager sê die dagvaaring eis die polisie moet verantwoordelikheid aanvaar vir skade van meer as sewe-miljoen Suid-Afrikaanse rand.