Spanje wil by SA se volksmoord-saak teen Israel aansluit

Spanje het aangekondig hy beplan om die Internasionale Geregshof toestemming te vra om aan te sluit by Suid-Afrika se saak wat Israel beskuldig van volksmoord in Gaza. Spanje is die tweede Europese land, naas Ierland, wat aansluit. Meksiko, Colombië, Nicaragua, Libië, Chili en die Palestyne wil ook aansluit. Die hof het Israel beveel om sy militêre optrede in Rafah stop te sit maar het nie ‘n skietstilstand gevra nie. Spanje se Buitelandse Sake-minister, José Manuel Albares, het die behoefte aan vrede in Gaza en die Midde-Ooste beklemtoon.