Molestasie, verkragting deur kerkleiers wek kommer

‘n Onlangse artikel in ‘n Engelse dagblad het verskeie gevalle genoem waar pastore of kerkleiers vroue en kinders gemolesteer en selfs verkrag het. Hulle word egter bitter min tot verantwoording geroep. Pastoor Ramon Flick, beter bekend as pappa Ramon, het na bewering 11 kinders verkrag en mishandel by sy Hope Kids kinderhuis. Die saak word steeds ondersoek en die webtuiste van Hope Kids is ook steeds lewendig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Yolande Engelbrecht, die koördineerder van die Gender-afdeling by die Regshulpsentrum, wat haar opinie gee oor verkragting gevalle deur pastore.