Beleggingsaantreklikheid van mynbedryf daal op globale indeks

Die 2023 Fraser Instituut Opname van Mynmaatskappye berig dat Namibië se posisie op die algehele beleggingsaantreklikheids-indeks met 3 punte verswak het, van 59 in 2022 tot 56 verlede jaar. Namibië is in die 42ste plek uit 86 jurisdiksies wat ondervra is, vergeleke met 38ste uit 62 jurisdiksies in 2022. Namibië was egter 4de uit 22 Afrika-jurisdiksies wat uitgevra is oor algehele beleggingsaantreklikheid, vergeleke met 6de uit 16 jurisdiksies in 2022. Die president van die Kamer van Mynwese, Zebra Kasete, sê die verlaagde posisie wek kommer. Hy sê Namibië kan beter vaar met betrekking tot mynboubeleid en regulatoriese aangeleenthede. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lauren Graham, ‘n ekonoom by die Kamer van Mynwese, oor die aangeleentheid.