Afrika vorder, maar voedselsekerheid-doelwitte nog ver

Die Ontwikkelingsagentskap van die Afrika-Unie sê die vasteland vorder met sy voedselsekerheidsdoelwitte. Maar die agentskap erken pogings bly onvoldoende voor die 2025-spertyd. Amptenare het tydens ‘n SAOG-vergadering in Lusaka, Zambië, gepraat oor die bevordering van ‘n mededingende landsbousektor. Nepad se Landbouhoof Manyewu Mutamba het gewys op voortgesette pogings en steun vir lidstate, maar sê nog werk is nodig. Hy het verwys na die ontwikkeling van ‘n nuwe tienjaar-strategie om teikens na te jaag.