Kwalifiserende studente kry ekstra geldelike hulp

Die hoër onderwys-ministerie sal deur die Namibiese studente finansiële hulpfonds, NSFAF, finansiële steun verleen aan kwalifiserende studente by alle hoër-onderwys instellings. Dit is volgens hoër onderwys-minister Itah Kandjii-Murangi, tydens ‘n Nsfaf-persinligtingsessie in die hoofstad. Sy sê kwalifiserende studente sal vanaf vanjaar elk 10 000 Namibiese dollar in nie-onderrigondersteuning ontvang. Murangi het gepraat nadat verskeie kwessies deur studente na vore gebring is. Sommige studente kla onder meer dat hulle nie hul maandelikse toelaes van NSFAF ontvang nie.