30 dood in Israeliese aanval op vlugtelingskamp
Minstens 30 Palestyne, insluitend vyf kinders, is dood in ‘n Israelse lugaanval op ‘n skool van die Verenigde Nasies in die Nuseirat-vlugtelingkamp in sentraal Gaza. Die Israelse Weermag het bevestig hy het ‘n aanval op die skool geloods en sê dit is die tuiste van Hamas-terroriste wat aan die aanval van 7 Oktober op Israel deelgeneem het. Hamas het die aanval as ‘n verskriklike massamoord en ‘n skande vir die mensdom beskryf.