Voedselpryse weer die hoogtes in

Mei-inflasie het volgens die Namibiese Statistieke-agentskap op 4,9 persent gemeet. Voedsel prysstygings word ook, op ‘n jaargrondslag, in die verslag bekend gemaak. Koffie en tee is 14,9 persent duurder met vrugte wat op is met 12,4 persent. Suiker en suiker-produkte is 10,3 persent duurder met koeldrank en sap wat jou 9,1 persent meer uit die sak gejaag het. Vis is 6,7 persent duurder en groente 6,3 persent. Suiwel kos 4,6 persent meer en vleis, 3 persent. Brood en grane het weer gestyg met 1,5 persent en olies en vette krimp steeds, met 1,1 persent.