Job hou niks van Ally se werkskeppingsplan nie
Presidensiële kandidaat Ally Angula het vroeër ‘n innoverende plan vir werkskepping vir die jeug bekend gemaak. Sy is al gekritiseer oor haar onkunde, maar haar plan kan moontlik werk.
Reaksie is ontvang van Job Muniaro, veteraan vakbondleier en die sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond van Namibiese Werkers, wat nie beïndruk is met haar plan nie.