Koalisies: SAKP wil nie DA of MK hê nie

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê hy verwerp enige gedagte aan ‘n ANC-DA-koalisie. Die SAKP verwerp koalisie-ooreenkomste met anti-werker, neo-liberale, en korrupte staatskapingsnetwerke. Die algemene sekretaris Solly Mapaila het op ‘n nuuskonferensie kommer uitgespreek oor staatskaping en faksie-optrede, en bepleit koalisie-reëlings wat die DA uitsluit. Mapaila kritiseer die MK-party vir sy negatiewe uitwerking op die ANC-regering en sy verkiesingsprestasie: