Van Vuuren onthou 2003 Wêreldbeker

Namibië se Eagles se fokus vandag is om nog ‘n oorwinning by die T20-Wêreldbeker te behaal. Hulle kom vanaand om nege-uur teen Skotland te staan in hulle tweede wedstryd by die toernooi. Die president van Krieket Namibië, Dr. Rudie van Vuuren, dink terug aan sy rol in Namibië se 2003 Krieket Wêreldbeker-veldtog.