Benylin-hoesstroop is veilig

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad sê geen teken van diëtileenglikol is gevind in toetse op die twee herroepte besendings Benylin-pediatriese stroop nie. Die woordvoerder Madimetja Mashishi sê ‘n onafhanklike laboratorium het geen diëtileenglikol aangetref in die meer as 300 000 eenhede nie, mits hulle behoorlik geberg was. Hy sê die raad sal mediese produkte aanhou monitor vir veiligheid en gehalte om openbare gesondheid te beskerm: