Dinge is nie pluis by die Akkerbouraad nie

Plaaslike berigte lui dat die regering alle salarisbetalings by die Namibiese Akkerbouraad gevries het na dit aan die lig gekom het die bestuurder van finansies, inligting tegnologie en menslike hulpbronne Barbara Snyders-Bock, met meer as 700 000 Namibiese dollar oorbetaal is. Die ouditeur-generaal se 2021-22 oudit het dit ontdek. Sy is 1,4 miljoen dollar, in plaas van 722 000 dollar betaal. Die finansministerie sê aan die Engelse dagblad The Namibian hy is bewus van die kwessie en daarom die stap, maar daar is geen inligting gedeel oor hoeveel bestuurders oorbetaal is nie.