Weiding: Dis nie net droogte nie, ons moet voorberei

Die Namibiese Omgewingskamer het sy kommer uitgespreek oor die huidige droogte, met die weiveldstatus wat kritiek is. Hy sê Namibiërs moet vooruit dink en vinnig aanpassings maak, want die droogtes gaan net erger word. Aanpassing by klimaatsverandering behoort ook die sleutelfokus van klimaatverwante beleide te wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Omgewingskamer, dr. Chris Brown, gesels oor wat gedoen moet word om die situasie te beredder.