Amushelelo en kie ruk op teen NSFAF

Die beplande protesaksie deur die NEFF-lid Michael Amushelelo sal vandag om nege-uur voortgaan. Amushelelo roep studente byeen wat nie hulle betalings van die Namibiese studentehulpfonds ontvang het nie. Die fonds se betalings vir lewenskostes is blykbaar vertraag. Intussen sê Nanso in ‘n verklaring hy verwelkom die vrystelling van die fondse vir betalings. Amushelelo maak ook melding van die betalings maar hou voet by stuk hulle moet opruk om te verseker die fonds bly by die skedule vir die uitbetalings. Hulle kom by die ministerie van hoër onderwys bymekaar en sal dan ‘n optog hou tot by NSFAF se kantore in Eros.