Vloei by Ruacana bring verligting in opwekking

Die land se grensriviere het die afgelope week almal laer gevloei. Die Zambezirivier se vlak by Katima Mulilo het tot 2m afgeneem en die Okavangorivier by Rundu tot 4,58m. Die benede-Oranjerivier is steeds uiters laag. Die Kunenerivier by Ruacana het ‘n vloei van 188,9 kubieke meter per sekonde aangeteken, wat laer is as vroeër in die reënseisoen maar hoër as verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abraham Angula, die waarnemende direkteur vir energiebeplanning en navorsing by die energie-ministerie, oor hoe dit elektrisiteitsopwekking by die Ruacana hidro-elektriese kragsentrale beïnvloed.