Hezbollah val Israel weer aan

Projektiele wat deur Libanese Hezbollah as kamikaze-hommeltuie beskryf is, is na die noorde van Israel gelanseer en ten minste sewe mense beseer, insluitend een wat in ‘n kritieke toestand is. Die aanval op Hurfeish, ‘n dorpie 3 kilometer van die grens af, het gevolg op ‘n waarskuwing deur Israeliese premier Benjamin Netanyahu dat langdurige vuurwisselings met Hezbollah binnekort kan eskaleer. Hezbollah het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Die Israeliese weermag sê daar was verskeie lanserings vanaf Libanon en dit kon nie sirenes aktiveer nie. Die voorval word ondersoek.