ANC se uitreik na MK-party vrugteloos

Die ANC glo die verkiesingsuitslag wys Suid-Afrikaners wil hê leiers moet saamwerk. Die party wil graag met alle partye skakel vir ‘n regering met eenheid, bestendigheid, transformasie en die beskerming van die demokrasie. Die ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu-Motsiri sê die nasionale werkskomitee hersien verslae oor vergaderings met die IVP, die EFF, die DA en die Patriotic Alliance. Bhengu-Motsiri bevestig hulle het sonder sukses uitgereik na die MK-party.