Keetmanshoop stel 7,1% verhoging in kragtariewe voor

Keetmanshoop burgemeester McDonald Hanse sê die munisipaliteit het ‘n verhoging van 7,1 persent in elektrisiteitstariewe vir die 2024/2025-boekjaar aan die Elektrisiteitsbeheerraad voorgestel. Hy sê deur strategiese aanpassings kon hulle die voorstel indien wat aansienlik minder is as die 8 persent wat deur NamPower voorgestel is. Die munisipaliteit het ook die maatskaplike tariewe vir pensioenarisse wat beperk was tot 15 ampère tot 40 ampère verhoog. Die munisipaliteit ondersoek alternatiewe energiebronne soos sonkrag deur middel van ‘n aangepaste enkelkopermodel. Hanse sê so ‘n inisiatief sal die gemeenskap bevoordeel deur ‘n volhoubare en kostedoeltreffende energieoplossing te verskaf.