Dames, hoe gereeld maak jy jou haarborsel skoon?
Dis dalk vuiler as wat jy dink…
Om jou haarborsel te was, behoort deel van jou algehele haarsorg te vorm. Vuilheid, dooie velselle en haarprodukte bly in jou haarborsel agter en so versprei jy dit weer na jou kopvel. Om irritasies, skilfers en vuilhuid hok te slaan, is skoon haarborsels ononderhandelbaar.
Hier is ‘n paar maniere om daardie haarborsel skoon te kry:
* Verwyder los hare van jou borsel na elke gebruik,
* Tap warm water in ‘n wasbak en gooi sjampoe of enige seep in die water om jou borsel te was,
* Gebruik asyn om van hardnekkige vuilheid ontslae te raak.