Dit is nie jou alledaagse plek die nie

Verbeel jouself: Jy gaan na ‘n eetplek toe, die kelners is onbeskof en loop en frons en gooi sommer spyskaarte op jou tafel neer; die diens is pateties en dit is alles wat jou Karen-kant uitbring en jy wil net kla. Daar bestaan so plek. Karen’s Diner in Sydney. Hier is daar geen formaliteite nie, en moenie verwag iemand gaan vir jou goeiemore sê wanneer jy die eetplek binnestap nie.

Die idee is gebaseer op die uitdrukking, ‘jy is so ‘n Karen’, ‘n term wat gebruik word om iemand te beskryf wat oor alles kla, maar dit is die hele punt van die restaurant se unieke benadering tot eet.

Die diens gaan van sleg tot erger by Karen’s Diner.

“Hulle hou daarvan as mense op hulle gil en skree, kelners wat op mekaar gil, hulle hou daarvan om op kelners te skree terwyl kelners op hulle skree.”

Hoekom hou mense van Karen’s Diner in Sydney?

Die gebrek aan formaliteit is verfrissend vir kliënte.

Maar daar is basiese reëls: Die personeel kan nie mense met gestremdhede spot nie, en ook nie rassistiese of seksistiese opmerkings maak nie.

“Solank jy niks met kwaadwilligheid in jou hart doen nie, gaan geniet dit.”

Wat is klante se reaksie op hierdie ‘onbeskofte’ eetervaring?

Die kliënte kom juis daarvoor. Een klient sê – die kelners het vir my ge’moo’ toe ek sê ek is ‘n ’vegan’.

“Hulle wil dalk nie uitgaan en die wêreld se beste wyn drink nie. Daar is baie mense wat daardie demografie mooi pas.”

Die Karen-gier is besig om vinnig te versprei met takke in Melbourne en Brisbane in Australië en in Sheffield in die VK.

Daar is wel ‘n paar reëls vir kleinte: Onder 16’s moet deur ‘n ouer of voog vergesel word en op die webtuiste is daar ‘n waarskuwing:  Onbeskofte taal word regoor ons lokale gebruik. Ons is nie Disneyland nie. Ons beveel minderjariges aan om nie na 18:00 op weeksdae en 17:00 oor naweke by te woon nie.