Versigtig vir Dag Zero-droogte in Gauteng
‘n Klimatoloog aan die Universiteit van die Witwatersrand, professor Francois Engelbrecht, waarsku ‘n Dag Zero-droogte in Gauteng hou die grootste bedreiging in vir dié provinsie se ekonomie. Hy sê, klimaatmodelle voorspel haglike toestande wat meestal droër en warmer toestande insluit en wat biodiversiteit, landbou, watersekerheid en lewensbestaan ernstig bedreig. Hoewel damme in die provinsie vol bly, het die Stad Johannesburg gesukkel met infrastruktuur- en voorsieningsuitdagings weens wanbestuur. Engelbrecht beklemtoon die dringendheid om vir ongekende risiko’s voor te berei namate temperature wêreldwyd aanhou styg.