Polisie ondersoek olifant-skietery, wat nie stropery is nie
Die polisie op Rundu ondersoek ‘n saak van wildmisdaad maar wat moontlik nie verband hou met stropery nie. ‘n Olifant is by die Woma-nedersetting doodgeskiet en is so gelaat met sy tande. Die skieter het ook ammunisie op die toneel gelaat. Daar word berig dat die inwoners van die gebied keelvol is van die diere wat hulle daagliks teister en landerye verwoes. Die dier is vyf keer geskiet maar die mag maak nie melding van die kaliber van die wapen nie.