Daar is medikasie-tekorte – Muinjangue

‘n Dringende vraag is in die Nasionale Vergadering aan gesondheidsminister Kalumbi Shangula gerig oor die medisyne-tekorte by die land se hospitale en klinieke. Lucia Herlinde Tjiveze van die Republikeinse Party het die probleem na vore gebring. Die adjunk-minister van gesondheid, Ester Muinjangue, het die vraag beantwoord namens Shangula en sê die kwessie geniet die ministerie se aandag.