BIG-petisie: Mbumba was sy hande…

President Nangolo Mbumba het opdrag gegee aan die geslagsminister Doreen Sioka om die kwessie van die basiese inkomstetoelaag te ondersoek. Dit volg na die sogenaamde BIG-koalisie ‘n brief aan Mbumba gerig het en hom gevra om hulle versoekskrif onvoorwaardelik te aanvaar wanneer hulle op 15 Junie ‘n vreedsame optog hou. Mumba sê Sioka is die lynminister en sy sal die petisie moet aanvaar. Die koalisie vra ‘n basiese inkomstetoelaag van 500 Namibiese dollar maandeliks vir elke Namibiër 59 jaar en jonger.